Leopard Rock Cape Buffalo breeding projects
Leopard Rock Game Breeders het in 2000 die eerste siekte-vrye Buffels aangekoop. Min het ons geweet hoe hierdie bedryf sou groei tot vandag!
Die aankoop van siekte-vrye Buffels was agv die respek en bewondering wat ons gehad het vir hierdie besondere diere en geensins uit ‘n besigheids oogpunt nie. Ons wou graag net ‘n trop Buffels he. Gelukkig het ons deur die land gereis en (uit onkunde?) diere uitgesoek met wyer horings. Vandag pluk ons die vrugte van die nageslag van ons oorspronklike diere en is opgewonde oor elke nuwe kalfie wat aankom.
Ons glo dat waarneming, seleksie, meting en voeding nog meer goeie resultate in die toekoms gaan inhou sodat hierdie manjefieke diere weer kan lyk soos hulle 100 jaar gelede gelyk het.
Met ‘n onvoorwaardelike respek vir die natuur, liefde vir ons diere en ‘n ongekende passie vir die Wildbedryf, wil Leopard Rock Game Breeders ons positiewe bydrae maak tot ‘n volhoubare wildbedryf.




