Leopard Rock Impala projects
Black Impala
In 2001 het ons ons eerste Swart Rooibok ram aangekoop. Die ram is by gewone ooie ingesit en ons het al gesien hoe al ons lammers die volgende jaar swart gaan wees! Groot was ons skok en verbasing toe nie een swart lam gebore word nie! Die daaropvolgende jaar ook geen swart lam nie!
Ons belangstelling het saam met die gebrek aan swart lammers begin afneem. Groot was ons verbasing die volgende jaar toe daar vier swart lammers gebore word!
Die volgende winter het ons nog twee Swart ramme en veertien Swart ooie aangekoop. Min het ons geweet hoe hierdie bedryf sou groei tot vandag!
Ons glo dat hierdie bedryf nog vir baie jare ‘n goeie belegging vir die Wildboer gaan wees.
Met ‘n onvoorwaardelike respek vir die natuur, liefde vir ons diere en ‘n ongekende passie vir die Wildbedryf, wil Leopard Rock Game Breeders ons positiewe bydrae maak tot ‘n volhoubare wildbedryf.
Saddledback Impala
Ons eerste kennismaking met Saalrug rooibkke was in 2008.
Die gewoonte was om elke jaar die rooi penkop rammetjies uit te skiet uit ons trop “split ooie” wat saam met met swart ramme loop. Die gevolg ‘n paar “rooi rammetjies” met swart rue agter op die bakkie om geslag te word! Vir my was dit die mooiste rooibokke wat ek nog gesien het, net jammer ek het nie opgelet hoe hulle lewendig lyk nie!
Sederdien het ons veskeie Saalrug ooie en ramme regoor die land aangekoop. Saam met ons eie aanteel, poog ons nou om ‘n kudde op te bou sodat ons beter seleksie kan toepas.
‘n Saalrug Rooibok Studiegroep is gestig op 13 Februarie 2013 om riglyne saam te stel van eienskappe hoe ‘n Saalrug rooibok lyk. Tydens die WRSA kongres 10-12 April 2013 is die studiegroep verander na die WRSA Saalrug-rooibok advies kommitee. Johan van der Merwe is eenparig verkies as voorsitter.
Inligting hoe om ‘n Saddledback te teel bestaan bykans nie, en ons is besig met verskillende kombinasies om te probeer uitvind wat werk.
Ons glo dat hierdie bedryf nog geensins ontwikkel is nie en daar ‘n goeie toekoms voorle vir die Saalrug rooibok. Ons glo dat ‘n goeie belegging vir die Wildboer gaan wees.
Met ‘n onvoorwaardelike respek vir die natuur, liefde vir ons diere en ‘n ongekende passie vir die Wildbedryf, wil Leopard Rock Game Breeders ons positiewe bydrae maak tot ‘n volhoubare wildbedryf












































