Leopard Rock Sable breeding projects
In 2009 was Swartwitpense net ‘n droom. Vandag is ons bevoorreg om drie teeltroppe te besit.
Ons het gaan kers opgesteek by bekende telers en tot die gevolgtrekking gekom dat waarneming, seleksie, meting en voeding van die belangrikste eienskappe is wat ons moet toepas. Natuurlik moet markontleding van die verskillende sub-spesies in die Hippotragus familie ook nie onderskat word nie.
Ons kon ook ons kamp stelsel van die begin af reg beplan. Elke teelgroep skuif gemaklik elke 21 dae na ‘n volgende kamp wat 63 dae gespaar is. Hierdie sisteem het nou tot gevolg dat ons al hoe minder chemiese middels hoef te gebruik vir inwendige-, sowel as uitwendige parasiete.
Uitstaande jong Wes-Zambiese teelbulle is aangekoop vanaf Piet Warren en Dries Visser, en toon nou al op vierjarige ouderdom uitstekende horinglengte. Ons glo ook dat ons vroulike diere oor die nodige moeder eienskappe moet beskik, sonder om horinglengte in te boet.
Met ‘n onvoorwaardelike respek vir die natuur, liefde vir ons diere en ‘n ongekende passie vir die Wildbedryf, wil Leopard Rock Game Breeders ons positiewe bydrae maak tot ‘n volhoubare wildbedryf.









































